Sukkel jou Gr 11/Gr 12 kind met Fisiese Wetenskappe?

Goeie nuus! Boeke met eksamenvrae en verduidelikende antwoorde is beskikbaar. Die boeke is saamgestel deur Theo van Rensburg. Sy missie is deurgaans om die werk vir die kind so verstaanbaar moontlik te maak.

Die verduidelikings is sò volledig gedoen, dat dit vir die kind sal voel asof hy langs hom/haar sit!

40 jaar

Ondervinding in die aanbied van die vak.

Ekstra Klasse

Steeds besig met die aanbied van ekstra klasse.

Nasiener

40 jaar nasiener van Gr 12 eindeksamenvraestelle (Fisika sowel as Chemie), etlike as hoofnasiener.

Chemie-eindeksamenvraestel

4 jaar verantwoordelik vir die opstel van die Chemie-eindeksamenvraestel vir Noordwes.

Nasionale paneel vir die opstel van die Chemie-vraestel

4 jaar deel van die Nasionale paneel vir die opstel van die Chemie-vraestel, later ook as interne moderator.

AFRIKAANS

INHOUD VAN DIE BOEKE

(Vrae met verduidelikende antwoorde)

Boek 1  Graad 11 Eksamenvrae (Fisika) (124 meervoudige keuse vrae en 134 lang vrae)

Al die vrae uit die G11 Nasionale vraestelle, vanaf Nov 2014 tot Nov 2019, asook die modelvraestel van 2013, is in hierdie boek vervat.  Die boek bevat ook vrae uit vraestelle van die vorige sillabus (Nov 2001 tot Nov 2013) wat oorvleuel met werk in die huidige KABV/CAPS-sillabus.  Daar is ook toepaslike vrae uit die “Independent Examination Board” vraestelle.  Laastens is addisionele vrae bygewerk wat uitsluitlik gerig is op die huidige KABV/CAPS-sillabus.

Boek 2  Graad 11 Eksamenvrae (Chemie) (118 meervoudige keuse vrae en 137 lang vrae)

Die materiaal wat vir hierdie boek gebruik is, stem ooreen met die materiaal wat gebruik is in die Fisikaboek, boek 1.

Boek 3  Graad 12 Eksamenvrae (Fisika) Nuutste KABV/CAPS-vrae

(135 meervoudige keuse vrae en 155 lang vrae)

Al die vrae uit die G12 Nasionale vraestelle, vanaf Nov 2014 tot Nov 2019, asook die modelvraestel van 2014, is in hierdie boek vervat.  Die boek bevat ook enkele vrae uit vraestelle wat opgestel is vir leerders wat hereksamens van die vorige sillabus geskryf het en wat steeds toepaslik is.

Boek 4  Graad 12 Eksamenvrae (Chemie) Nuutste KABV/CAPS-vrae

(129 meervoudige keuse vrae en 129 lang vrae)

Die materiaal wat vir hierdie boek gebruik is, stem ooreen met die materiaal wat gebruik is vir die Fisikaboek, boek 3.

Boek 5 Graad 12 Meervoudige Keuse Vrae (Fisika)

(187 meervoudige keuse vrae)

Hierdie boek bevat meervoudige keuse vrae uit ‘n
verskeidenheid van Fisika-vraestelle. Werklik die
moeite werd vir goeie afronding.

Boek 6 Graad 12 Meervoudige Keuse Vrae (Chemie)

(199 meervoudige keuse vrae)

Hierdie boek bevat meervoudige keuse vrae uit ‘n
verskeidenheid van Chemie-vraestelle. Werklik die
moeite werd vir goeie afronding.

Vorige gebruikers se indrukke van hierdie boeke

★★★★★

“Ek wou graag ‘n onderskeiding in Gr 12 vir Fisiese Wetenskappe behaal, maar my punte in Gr 11 was nie oortuigend nie. Ek het hierdie boeke as enigste ekstra oefening gebruik, sonder enige ekstra klasse. Ek eindig met ‘n gemiddeld van 86% vir Fisiese Wetenskappe in Gr 12. Die boeke is omvattend en maklik om te verstaan. Ek is ongelooflik dankbaar vir hierdie boeke.

Antwoorde op vrae word logies en stap vir stap verduidelik.

Ekstra klasse kan voordelig wees, maar my persoonlike opinie is dat dit nie nodig sal wees wanneer jy hierdie boeke noukeurig deurwerk nie!

Ek beveel die boeke 100% aan.”

Hendrik Jonker

Leerder Hoërskool Montana (Gr.12, 2015)

★★★★★

“Die indeling van vrae volgens verskillende onderwerpe, maak dit maklik om uit die boeke te leer. Meervoudige keuse vrae se korrekte antwoord word in detail verduidelik, nie slegs net ‘n antwoord word gegee nie. Verskeie van my leerders wat hierdie boeke reg gebruik het, se punte het met tot  20% verbeter.

Die boeke is leerdervriendelik met uitstekende vrae en verduidelikings.

Elke Gr 11 / Gr 12 leerder behoort hierdie boeke op hul rak te hê.

Dankie vir die moeite met foutlose inhoud.”

Desiré Hattingh

Onderwyseres Hoërskool Nelspruit

★★★★★

“Hierdie boeke het ‘n deurslaggewende rol gespeel in die transformasie van my akademiese reis. Die boeke het my in staat gestel om my Gr 12 punte met ‘n indrukwekkende 30% te verbeter. Danksy hierdie boeke behaal ek ‘n onderskeiding in G12.

Ek is ongelooflik dankbaar dat ek hierdie boeke kon gebruik.

Die inhoud is insiggewend met effektiewe studie strategieë.

Daar bestaan geen twyfel dat my onderskeiding nie moontlik sou wees, sonder die insig en kennis wat in hierdie boeke gedeel word nie.

Baie dankie vir die onskatbare bydrae tot my sukses!”

Theo Jonker

Leerder Hoërskool Montana (Gr.12, 2012)

★★★★★

“Dit is vir my ‘n voorreg om my ervaring met hierdie boeke te deel.

Die boeke was ‘n onskatbare hulpmiddel in my voorbereiding vir toetse en eksamens.

Deur hierdie boeke te gebruik was ek telkens goed voorbereid vir enige vraag wat in vraestelle gevra is.

Die gebruik van die boeke het my selfvertroue so verbeter dat ek meer gemotiveer was om na uitnemendheid te streef.

Ek beveel hierdie boeke aan vir enige leerder wat hul punte wil verbeter en sukses wil smaak!”

Marlia Strydom

Leerder Hoërskool Bergsig (Gr.12, 2015)

★★★★★

“Ek is baie beïndruk met hierdie boeke!

Die boeke is 100% in lyn met die huidige voorgeskrewe sillabus en dek al die onderwerpe volledig. Vrae wat in afdelings ingedeel is, maak dit maklik om spesifieke vrae op te spoor.

Enige leerder behoort hierdie boeke te gebruik tydens voorbereiding vir toetse en eksamens.

Elke vraag se antwoord word in soveel detail verduidelik dat die leerder regtig niks meer nodig het nie.

Ek beveel hierdie boeke ten sterkste aan vir enige leerder wat ‘n betroubare en doeltreffende hulpmiddel soek om uit te blink in Fisiese Wetenskappe.

Ook ‘n uiters handige hulpmiddel vir jong onderwysers wat nog besig is om hul voete te vind.”

Marthie Verster

Onderwyseres Hoërskool Hugenote